Jul 12

LA REYNETTE CENTRE SE ETOS

 

LA REYNETTE CENTRE SE ETOS

Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees.” Habakuk 2:2

 

Ons Direktief:

“Kyk, Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.”

 

Ons Visie:

Ons visie is om disipels van almal te maak volgens God se opdrag aan ons. Wat meen ons onderneem om ons lig te laat skyn deur gebed, liefdevolle versorging aan ons pasiente en liefde vir mekaar.

 

Missie:

Ons missie is om gehoorsaam en getrou aan God te bly wanneer Hy sê: “Gaan heen en verkondig die blye boodskap aan almal dat Jesus Christus vir ons gesterf het sodat ons nie verlore mag gaan nie maar deur Hom as ons saligmaker te aanvaar, die ewige lewe mag be-erwe.

Hoe gaan ons ons lig laat skyn “deur die liefde wat ons vir mekaar het sal die mense sien dat ons kinders van God is – en waar nodig is sal ons woorde gebruik.