May 22

Mode parade met Hollywood Costumes

 

La Reynette Centre het ‘n tafel geborg vir leerlinge by Protearif Laerskool met hulle mammas vir ‘n pre-moedersdag bederf. Amber Welkin het haar vriendinne Mizandri Nagel, Charlize Coetzee, Tyra Minns en Monica Ridley uitgenooi.

Lizz Meiring het almal laat giggel met haar spontane kommentaar oor alles en nog wat. Die sangers was almal local kinders maar wonderlik. Krugersdorp is ‘n klein dorpie met groot talent.

Die mode parade was ‘to die for.’  Dit was asof die Hugenote pas op Suid Afrikaanse kus geland het met ‘n ondertoon van boere paraatheid.

Dehlia van Staden van West Rand Chamber & Tourism kan gerus haarself op die rug klop vir ‘n wonderlike aand. Die Golden Age Village langasem ‘grannies’ was ‘n besondere mooi gebaar en nee, ons het nie die Menorah gemis nie.

 

Baie dankie dat julle Krugersdorp nog op hulle tone hou.

 

Tienke Bosher