Mar 23

Goeie Nuus vir Verswakte Sorg Sentrums


Annete Brand en Reinetta Ridley van La Reynette Centre ontvang die twee rigting radio van Martin Oosthuizen van Polisieringsforum KDP

Die Krugersdorpse Gemeenskaps-Polisiëringsforum staan saam met die gemeenskap om misdaad in ons omgewing te bekamp, sê Martin Oosthuizen van SEKTOR 3.

Reinetta het nog probeer om die forum finansiëel te vergoed vir hulle diensbaarheid aan La Reynette Centre. Martin was ferm en het verduidelik dat alle ouetehuise sonder betaling gediens word. Die diensbaarheid staan aan die kern van hulle onderhandelings en dien as hulle forum se Gemeenskaps Projek.

Graag wil ons julle bedank en hoop dat alle ander huise wat ou mense huisves, ook van die diens gebruik sal maak. Die twee rigting radio word geskenk en geen maandelikse onkostes word verhaal nie.

Na die voorval met die man wat hom ontbloot het, voel ons weer gerus dat hulp byderhand is.

Skakel gerus vir Piet Sparks by 072 517 1610 vir verdere navrae.