Jul 17

Lappies & Lalie

Bertie van Rensburg is die hoof van Pro-Practicum skool, dan Reinetta Ridley (eienaar van La Reynette Centre) en dan Anneke Viljoen van Grace Ministries.

 

 

 

20 Julie 2011

 

 

Re: La Reynette Centre raak betrokke by Lappies en Lalie wat omskep word in ‘n Gemeenskaps Sentrum

 

 

Propracticum skool se gemeenskapsprojek, Lappies & Lalie in Krugersdorp Wes se demografie sal bestaan uit voorskool kinders, tieners en bejaardes.

 

Die projek bestuurder, Anneke Viljoen, is ‘n begaafde sanger en haar fonds insamelings projekte het meniges al bevoordeel. Onder andere wil La Reynette Centre haar bedank vir die rolstoele wat ons van haar ontvang het. Haar optredes strek van kerke tot skole tot privaat instansies. Haar bediening, Grace Music Outreach Ministries is gefokus op die geestelike aspek van menslike verhoudings en sy spits haal geheel en al daarop toe.

La Reynette Centre het vir die afgelope twee jaar voordeel uit haar bediening geput en sal haar noue kontak met ons bejaardes baie mis. “Ons is wel seker Krugersdorp-Wes se gemeenskap is gelukkig om haar as hulle gemeenskaps projek bestuurder te kry.

 

 

Reinetta Ridley se verswakte sorg sentrum in Rant & Dal, wat sy vir die afgelope 5 jaar bedryf, het haar laat besef hoe groot die nood is vir kinders is wat daagliks werk toe gaan en noodgedwonge hulle ouers tuis aan hulle eie genade moet oorlos. Ouers wat soms val en nie weer kan opstaan nie en vir ure op ‘n koue vloer moet lê totdat die kinders tuis kom.

 

Na aanleiding van die tekortkoming in die gemeenskap het Reinetta ‘n passie in haar hart ontwikkel om ‘n  dagsorg vir ou mense op die been te bring. Reinetta se passie het haar by Lappies & Lalie se terrein gebring. Sy het Marian Botha as bestuurder aangestel om die bejaardes se dagversorgings eenheid te renoveer en uiteindelik self vir die bejaardes te sorg. Reinetta se finansiele bydrae het gesorg dat ‘n droom waarheid kan word.

 

Die dagsorg vir bejaardes eenheid se deure sal op 1 Augustus oop wees. Daar sal voorsien word in al die behoeftes van die bejaardes. Hulle sal besig gehou word met handwerk en werkswinkels.

– ‘n Siekeboeg is op die perseel vir wanneer ouma en oupa skielik olik voel.

Die bejaardesorg eenheid sal elke weeksdag tussen 07h30 en 17h30 oop wees.

 

 

Die bejaardes vorm dus deel van ‘n sosiaal ekonomiese omgewing met aktiwiteite wat rondom hulle afspeel soos ‘n koffie huis, kuns en musiek opvoerings, ‘n biblioteek en alreeds bestaande kuns winkel en voorskoolse kindersorg. Die sekuriteit en gerieflike parkering wat die perseel bied is een van die groot plus punte vir ons.

 

Marian Botha staan ook gereed om u oproepe te ontvang by nommer 082 062 3252.