Feb 25

Dag van Liefde met Tertius

Tertius tree gereeld op by Ridley’s at Auto Cradle Family Restaurant op die Krugersdorp Hekpoort pad.

 

Tertius is ‘n familie man met ‘n ‘joudel’ wat foutloos deur sy stembande gly. Dit was my hoogtepunt gister. Hiedie Duitse vorm van sang is wel bekend in die Switse Alpe maar ‘n rare verskynsels op Suid Afrikaanse bodem.

 

Verder is Tertius ‘n groot man en baie aantreklik en die dames (ons sal nou nie name noem nie) het baie liefde gewys. Selfs ‘n draadjie op die ‘dansbaan’ gemaak.

 

Tertius, jy mag maar sing en ons wens jou net die beste toe.

 

Nogmaals baie dankie vir jou geskenk aan ons oues van dae. Jy was voorwaar ‘n ‘treat’.

 

Julle kan Tertius kontak by 079 454 8881 of 072 968 9239 of stuur ‘n e-pos na booking.tertius@gmail.com

 

La Reynette Centre