Jul 14

Key West Braai Surprize

18/06/2014

 

Klein mensie, groot gees.

 

La Reynette Centre was die ontvanger van ‘n groot geskenk toe Ciska Krugel en Allen Ridley die Braai kompetisie die naweek van die 14de Junie by Keywest Inkopie Sentrum gewen het.

Gekleed in die span naam The Braai Code het die twee opgewonde eerste hulle braai opgestel. Allen en Ciska se ‘Porkbelly’ sou tyd vat want die smul lekker stuk vleis moes eers, soos hulle dit Amerika noem, ge-BBQ word wat beteken dit word gerook. Dit vat tyd…

Die beoordelaars het reeds vroeg tussen die braaiers gewandel en was aangenaam verras met Allen se tuisgemaakte pynappelbier.

Ciska het die vuur aangestekk, tamaties gesny, die lekker bar one muffins se sousie geroer en heeltyd allerlei takies vir Allen gedoen. ‘n Behoorlike ‘right hand girl’.

Dit is die dat Allen haar as die regte braai buddy gekenmerk het.

 

Ciska en Allen het die deLuxe gasbraaier Alva Sphinx wat deur Game gesponser was aan La Reynette Centre geskenk. Ons het so pas ons nuwe LAPA ingewei en nou is ons bekroon met so ‘n finominale en gepasde skenking.

 

Baie dankie aan Key West winkel sentrum en die beoordelaars, Lions Rugby kaptein Warren Whitely & span maat Willie Brits.

 

‘n GROOT dankie aan Ciska en Allen vir hulle onbaatsugtige geskenk.

 

La Reynette Centre