Jan 30

Louw Venter besoek Verswakte Sorgsentrum

 

Ouma Bee, Louw Venter en Annette Brand Reinetta Ridley, Louw Venter & Tienke Bosher

Wanneer Louw Venter vir jou kyk kan jy die waarheid vlak in sy oë sien. ‘n Man wat diep insig in die mens het. Dieselfde insig wat ek in sy ma gevind het en wat in sy ouma, Bee Louw, ‘n pasient by La Reynette Centre van geweef is.

Louw Venter is nie verniet so geliefd as ‘n karakter akteur in flieks soos Semi-Soet  en The Last Tango nie want karakter is wat hy het. Dit vloei deur hom soos bloed deur die are.

Sy vinnige draai hier in Krugersdorp vanaf sy tuiste in die Kaap het ons almal laat smag na meer. Louw, jy is pragtig en wees verseker dit is ons plesier om agter jou ouma Bee te kyk. Ouma Bee het daardie spesiale gawe om jou tien voet lank te laat voel net omdat jy jou werk doen deur haar te versorg. Die seëninge vloei deur haar mond en mens voel hoe dit jou tref sonder ophou.

 

Julle is ‘n spesiale familie met ‘n moedertjie wat net nooit ophou gee nie. Dieselfde gawe is aan julle oorgedra en bruis deur julle woorde. Ons waardeer julle teenwoordigheid in ons lewens.

 

Louw Venter is ook nou  in die fliek confetti siene

konfeti