May 03

Rugbymanne ondersteun lupuslyers

 

Lupus gala ete was ‘n groot sukses.

02 December 2012

    

Pastoor Susan van der Walt van Krugersdorp het ‘n emosionele praatjie by die Welsynsgalaete “Diamonds in the Ruck” ter ondersteuning van lupus bewusmating by die Ellis Park Conference Centre op 24 November oor die kroniese siekte, lupus gehou.

“Vir my en Reinetta Ridley (stigter van die La Reynette Sentrum) was dit ‘n saak wat ons harte daar en dan laat bloei het omdat ons suster, Marie Venter, die aanslagt van hierdie siekte drie jaar gelede verloor het,” sê Tienke Bosher van die La Reynette Sentrum.

Marie se hiperaktiewe immuunstelsel het veroorsaak dat al haar organe deur haar eie liggaam aangeval en stelselmatig vernietig is.

Ten spyte daarvan het sy sterk gebly en twee lieflike seuns, Stefan en Tinus in die wêreld gebring.

“Lupus veroorsaak konstante pyn in die liggaam as gevolg van spierinflammasie, krampe, skade aan gewrigte, artritis, veluitslag, niersiektes, bloedstolling, perikarditis van die hart en pynlike longinflammasie,” sê Tienke.

Pastoor Susan het verder vertel van ‘n medisynemiddel, Benlysta, wat wonderlike verligting in haar lewe gebring het.

Volgens Tienke is hierdie medikasie nog nie in Suid-Afrika verkrygbaar nie.

“Tot op hede is daar 228 000 Suid-Afrikaners wat deur hierdie siekte aangetas word.

“Die eienaardigste van lupus is dat daar nie uiterlike simptome sigbaar is nie,” sê Tienke.

“Graag bedank ons die rugbymanne van die Goue Leeus wat hulle harte oopgemaak en hierdie saak ondersteun het, en die aand
bygewoon het.

“Die aand was wonderlik en dit te danke aan die bekwame organiseerders, heerlike geregte en ongelooflike optredes deur Nianell en Dozi,” sê Tienke.

La Reynette Sentrum doen ‘n beroep op mense om by te dra tot die onkostes om Benlysta geregistreer te kry en om dit makliker bekombaar te maak vir alle lupuslyers in Suid-Afrika.

Skakel die kantore van Eagles Flight Ministries by 011 660 5620 of 082 043 8396.