Aug 12

Protie Feesdag met Potjie Pret

3 Augustus 2013

 

Protie Feesdag met Potjie Pret

 

ProteaRif Laerskool het by Hobby Park Noordheuwel ext. gaan makietie hou om geld in te samel vir die skool. Wat ‘n fees. Nostalgie is ‘n plek waar kinders uitgelate kan baljaar deur digte woude en vleie en wat dan uiteindelik by die dam uitkom wat snoesig in voorstedelik homself luilekker ontbloot. Die vissermanne het hulle katrolle geluidloos leeg gemaak oor die water. Die klank van visse wat verniet gespartel het om hulleself van die vislyne af te ruk, vul die lug met verwagting.

Die stilte is onderbreek deur sagte plof geluide wat deur die loop van ‘paintball’ gewere in die verte nog gehoor kon word. Gedempte gille van verbasing of pyn volg kort daarna.

Die fietsryers sny moeiteloos deur die oneindige kronkelpaaitjies met uitgelate laggies van tevredenheid.

Die hart van die fees is gevul met elke tipe stalletjie en die afslaer se stem verkoop elke iets wat ‘n ding is.

Dan kom die beoordelaars met boek in hand en die opgewondenheid raak tasbaar vir elke potjiekos deelnemer. Allen se potjie was smaaklik voorberei in seekos, skaapworsies en hoenderboudjies, gekomplimenteer deur vars watertand kruie bier brood en avokadopeer slaai. Afgerond met ‘n lunch bar sjokolade poeding gebak oor die vuur.

Alhoewel La Reynette Centre nie met die louere weggestap het nie, wil hulle ProteaRif Laerskool bedank vir die skitterende geleentheid. Ons hoop volgende jaar maak julle weer so. Dieselfde plek, dieselfde tyd… Proties, Proties altyd bo!!!

100_7928 Photo1212_001 Photo1213_001 Photo1215

Groete,

Tienke Bosher