Mar 12

‘Liefde met musiek, geliefdes en happies gevier’

http://krugersdorpnews.co.za/257181/liefde-met-musiek

Die liefdesvlakke het vir ‘n dag by die La Reynette Bejaardesorgsentrum gestyg toe geliefdes die inwoners daar kom besoek het.

Met Februarie wat die maand van liefde is, is dit op ‘n anderste manier by die La Reynette Bejaardesorgsentrum gevier.

Omdat die plaaslike sanger Tersius ‘n liefde vir sang het en terselfdertyd daarvan hou om mense met sy unieke sangtalent te vermaak het hy besluit om aan dié wat nie so bevoorreg is om lewendige musiek optredes te kan bywoon nie, te bederf.

“Ek het deur familie van die bejaardesorgsentrum gehoor en het gevoel dat ek as ‘n sanger en ook as iemand wat daarvan hou om by my gemeenskap betrokke te raak, iets aan die mense in my gemeenskap te kan terug gee.”

 

Hy het toe Reinet Ridley, stigter van die bejaardesorgsentrum, genader en gevra of hulle daarin sou belangstel.

Sonder twyfel is daar aan die werk gespring. Uitnodiging kaartjies is aan die inwoners en hulle geliefdes gestuur, sodat geliefdes weer vir hierdie dag bymekaar kon wees en kosbare tyd kon verwyl.

En net om die hongerpyne te stil was daar verskeie soet en sout happies op die tafel uitgesit