Dec 23

Hanger Magic Mode Parade

 

23 Desember 2013

 

Maria is ‘n mens wat gemaklik voete en al in ‘n mens se lewe inklim. Ek het haar leer ken omdat haar suster, Carol Viloen hier by La Reynette Centre ‘n inwoner is. Sy het die mooiste manier van altyd daar wees, altyd positief en altyd gewillig om te help.

 

Saterdagoggend het ‘n mooi belofte ingehou vir Carol en sy het op die punt van haar stoel gesit omdat vandag die saai van haar lewe sou opkikker. Mooi gemaak en aangetrek het ons altwee opgewonde na die modeparade wat Maria gereël het gery. Die wolke gepak met die belofte van reëns het dié opelug geleentheid net die regte temperatuur gehou.

Die opdrag om een basiese agt baan romps patroon te gebruik met presies dieselfde etniese lap, maar met eie interpretasie, het ‘n prentjie van eenheid tussen die studente geskilder terwyl hulle met groot gejuig hulle eie handewerk gemodelleer het.

Die moeilikheidsgraad om vir vol figure patrone te maak en te laat pas is met die volgende ‘free style’ rondte ten toon gestel en in die meeste gevalle bemeester. Dit is daarom waarom mens kan verstaan hoekom Maria met groot gejuig bejeen word en hoekom elke student gaande oor haar as persoon en as instruktrise is.

Die ‘show stopper’ was gemaak deur Pretty, terwyl die algehele wenner in beide katogorϊe, Selena Bodenstein, konstante presiesie werk gelewer het.

Teen R 110.00 per maand vir 4 klasse van twee ure lank, is hierdie naaldwerkskool bekostigbaar vir elkeen wat meer kleur aan hulle lewe wil gee.

Enige een wat graag ‘n donasie van materiaal, habedashery of naaldwerkmasjiene wil maak kan met graagte vir Maria skakel op 082 770 6918.

Maria wend graag alle skenkings aan om ‘n diens te lewer aan die mense wat dit waag om hulle eie lewens te wil verbeter.

Die skool herstel ook naaldwerkmasjiene.

 

Al die beste vir jou

Tienke Bosher