Jul 12

Netcare Krugersdorp Privaat

9 April 2013

Netcare se uitreiking vir Bejaardes

 

Ons wil net duisend dankies sê vir die wonderlike manier waarop Netcare Krugesrdorp Privaat ons kom besoek het gedurende die paastyd. Die bestuur soos Mr. Mothlatentoa Motsoane en Matrone Hester Steyn het persoonlik hasies en drukkies uitgedeel saam met hulle personeel. Weereens het hulle bewys dat hulle groot hart diep gewortel is in ons gemeenskap.

 

Krugersdorp Hospitaal het La Reynette Centre as hulle Gemeenskaps Projek vroeg verlede jaar aangeneem. Hulle het daad by die woord gevoeg deur onder andere ons by te staan met die verwydering van ons mediese afval en ander vergunnings. Hulle aptekers diens is voorwaar voortreflik onder leiding van Trecia Boshoff. Die impak wat dit maak op ‘n klein besigheid, beide finansiel en vir gemoedsrus, kan nie in woorde uitgedruk word nie. Toe die bestuur ons weer kom besoek het hierdie week om hulle voortgesette ondersteuning te beaam, kon ons nie gelukkiger wees nie.

 

Netcare 911 se Ambulaans diens gely deur Dave Barry het bewys dat hulle vinnig en professioneel is. Ons vertroue is in hierdie groot ouens wat belowe dat ons net moet roep as ons iets nodig het. Sover dit my aangaan, weet ek dat daardie belofte goud werd is.

 

Ons is baie dankbaar vir julle insette en ook julle personeel wat met tye hier inkom om ons ou mense te bemoedig. Julle is vir ons van onskatbare waarde.

 

Baie, baie dankie

Tienke Bosher

 

————————————————————————————————————————–

 

Gemeenskaps Projek bevoordeel Sorgsentrum

 

Erkenning vir goeie mediese sorg is broodnodig. Daarom is dit vir ons ‘n eer dat Hester Steyn, Matrone van Netcare KDP Hospitaal, La Reynette Centre as ‘n ontvanger van hulle gemeenskaps uitreiking gemaak het. Dit net nadat Lappies en Lallie ons vereer het met ‘n toekenning as ‘n Vriend van die Gemeenskap vir al die ondersteuning wat ons aan hulle gegee het.

Hierdie tipe uitreiking is van onskatbare waarde omdat informasie bekostigbaar raak vir die versorging van bejaardes en die gemeenskap as ‘n geheel.

Netcare het spesifiek aan ons hulle Teater Personeel afgesonder. Nee, ons gaan nie by hulle leer om te opereer nie. Hulle gaan hulle scalpels veruil vir naelvyltjies en borsels. Met sagte glimlaggies en aanrakings sal hulle ons bejaardes bederf met ure se persoonlike aandag. Hulle wil hul verrykende kennis met ons deel. Ons staf sal in meer diepte onderrig ontvang aangaande verpleegsorg, en talle ander wenke wat net tot voordeel van die versorging van bejaardes sal wees. Dit verskaf ons vreugde want by La Reynette Centre gaan alles vir ons oor ons bejaardes. 

 

Datum van vergadering: Vrydag,18 Mei 2012

Re: Vergadering met Krugersdorp Privaat Hospitaal (Netcare Hospitals (Pty) Ltd

Agenda: Gemeenskap Projekte

Hester Steyn, Matrone van Netcare Krugersdorp Hospitaal het ons meegedeel dat hulle La Reynette Centre as hulle Gemeenskaps Projek aanneem.

Dit is vir ons ‘n groot eer en wil hulle graag daarvoor bedank.

Die paneel wat deelgeneem het in hierdie vergadering is op die foto van links na regs

Trecia Boshoff (Pharmacy Manager), Matron Marthie Coomans, Joey Nortje (Hospital Sister),

Matron Hester Steyn from Krugerdorp Privaat en Reinetta Ridley (Owner and Staff Nurse from La Reynette Centre)

Baie Dankie, Tienke Bosher

072 282 7831