Jun 06

Alta Craill se Groot Hart Kombuis

Alta is altyd besig om bejaardes te bederf met wat uit haar Restaurant uit kom. Kerke en La Reynette Centre se bejaardes trek gereeld voordeel uit Alta se groot hart.

Ondersteun Alta gerus want sy skroom nie om terug te gee aan die gemeenskap nie.

Haar restaurant is baie intiem, diep in die hartjie van Noordheuwel smaakvol toegerus waar sy met gemak 40 persone kan laat aansit vir ‘n ete, wat ookal die geleentheid mag wees.

Middag of aand etes: Die prys word uitgewerk afhangende van die hoeveelheid vleis geregte wat verlang word. Die pryse wissel vanaf R170.00 – R210.00 pp

 Ontbyt: Tussen R120.00 – R150.00 pp

 Alta Craill neem bestellings 082 562 4793 vir enige van die volgende disse en nog meer: Platters, Groot Koeke, Terte, Jaffels, Vetkoeke, Lasagne.

Bel Alta gerus volgens jou behoefte en sy sal jou geregte daarvolgens maak