Jun 16

Welkom NG Suiderlig Krugersdorp Wes.

 

 

Ons wil graag vir Ds. Gerhard Slabbert en Pastoor Mariet Prins van harte bedank dat hulle ingestem het om ons bejaardes te kom bedien met die Woord en liefdes gebare.

Met elektroniese media is die woord maklik beskikbaar met die druk van ‘n knoppie.

Daar is egter niks wat die woord van God so laat resoneer deur persoonlike kontak met die gesante van ons Hemelse Vader nie.

Ds. Gerhard en Pastoor Mariet se gewilligheid om in alle projekte wat die mens bevoordeel te ondersteun is die mooiste mooi vir my.

Ons verwelkom julle hier met ope arms en wees verseker dat ons elke gebaar raak sien en waardeer.

Ons bejaardes kyk uit na julle besoeke elke week.

 

Baie, baie dankie

 

Annette Brand