Aug 07

Magalies se 67 minute hou net aan gee

Magalies se 67 minute hou net aan gee.

Juffrou Charlene Bekker het verlede jaar hierdie groepie kinders gedoop ‘Magalies – ons gee om’ van Hoërskool Bekker en hulle aangespoor om iets spesiaals vir Mandela dag te doen. Daarom wou hulle dit hierdie jaar herhaal. La Reynette Centre se inwoners was die gelukkige  instansie wat hierdie jaar besoek was. Met die smaaklikste kolwyntjies en die pragtigste plek houerjies het hulle met hulle glimlaggies ons oues van dae se dag opgehelder.

Dit was vir die kinders so spesiaal dat hulle elke maand 67  Mandela minute vir die bejaardes wil afstaan. Hulle beoog om ook kinderhuise te besoek.

Onder leiding van Lientjie de Lange en Veronica Ellis vertel hulle met passie dat ons kinders moet leer watse verantwoordelikhede vir hulle voorlê teenoor die samelewing.

Graag wil ons vir hulle baie dankie sê.

Onwetend was Michael Ellis se sagmoedige gebaar teenoor Maria Nel die laaste onverwagse bederf wat sy op hierdie aarde ontvang het. Maria is ‘n paar dae na die kinders se besoek oorlede.

Mr. Mandela se voorbeeld dwing ons om introspeksie te doen en ons medemens weer raak te sien.

Ek is baie bly ons woon in ‘n land waar mense die moed het om nog om te gee.

Tienke Bosher