Jul 17

Rabbit Hole

 

Reinetta met Esme (eienaar van Rabbit Hole) Marian Botha(Lappies & Lalie)en Rothea (dogter van eienaar)

Agter die besonderse Kroeg toonbank

Marian Botha by die Bejaarde Dagsorg voorleggings tafel

 

31/07/2011

 

Moonlight, Viljoen straat en Rabbit Hole

 

Lappies en Lalie se BEJAARDE DAGSORG projek wat deur La Reynette Centre op die been gebring word, was ook daar. Was dit nou ‘n belewenis. Enige iemand wat daar was kan getuig van warm harte ten spyte van die bittere koue. Die straat was oortrek van vriendskaps gebare, kuns drukkies en klanke wat heupe laat wikkel het.

 

Rabbit Hole se ongewone gastehuis was die aangenaamste verrassing van die straat. Met die warm persoonlikhede van eienaar Esma, Rothea(dogter) en Eksteen(seun) was ons gemeenskaps projek sonder aarseling ingenooi. (Die oeroue San vertel dat ‘n skildery teen die muur insig tot ‘n ander wêreld is.) Ons het Esma se wêreld gesien. Haar skilderye wat vertel van allerlei diere. Van mure, voetpaadjies en counters ‘beskilder’ met glassies,spieëltjies en doppies en klippies, munte en nog wat. ‘n Plek met so ‘n mooi glimlag, mens wil net daar bly kuier.

 

‘n Plek met warm sjokolade en chilly con carne uit die boonste rakke.

 

Dit was in die plek waar ons ons lied kon sing. ‘n Lied van hoop, ‘n lied met ‘n toekoms.

Matrone Coomans het eerste gaste verwelkom en bloeddrukke geneem. Reinetta Ridley het by haar oorgeneem en met haar sagmoedige manier. Sy het die publiek ontvang met goeie raad vir hulle gesondheid terwyl sy hulle inlig van die besonderse bejaarde dagsorg projek.

 

La Reinette Centre se gemeenskaps projek vir bejaarde dagsorg beoog om twintig mense van Maandag tot Vrydag te versorg. Ons hoop die projek bring verligting vir families alreeds belaai met allerlei sosiale verpligtinge. Elke bejaarde sal volgens hulle inkomste

 

geakomodeer word. Alle aansoeke is welkom. Marian Botha het hand aan hand die blye boodskap met Reinetta verkondig aan ‘n ontvanklike gehoor.

 

Gasvryheid se nuwe naam is Rabbit Hole. Dankie vir die koffie, die glüwein, hasies en vuurspoegies. Die kitaarklanke en tromme uit julle tuin. Dankie dat Hospice daar was. Dankie dat ons daar kon wees.

 

Dankie Caxton dat julle hierdie projek onderstreun het. Julle is waarlik ‘n aanwins vir ons gemeenskap.