Apr 14

Protearif Laerskool besoek Verswakte Sorgsentrum met marshmallow eiers.

 

Amber Welkin van Protearif Laerskool se oë het behoorlik geblink toe Juffrou Hesta du Plessis ‘n hele karton marshmallow paaseiers vir haar gegee het om by La Reynette Centre uit te deel.

Graag wil ons net vir hulle baie dankie sê dat hulle die kinders hierdeur leer om vir die gemeenskap om te gee en om ‘n gesindheid van vrygewigheid te kweek.

As ouer van ‘n Protearif leerling kan ek getuig daarvan dat die onderwysers en die hoof, Mr. Donna Lourens altyd bereid is om te help waar hulle kan.

Dit is vir ons ‘n groot eer om deel van julle skool te wees.

 

‘n Spesiaale groot dankie van al ons inwoners.

 

Baie dankie

Tienke Bosher