Jan 20

Môreglans Ouetehuis maak verjaarsdag teken Coasters

Hierdie jaar het Sign Therapy afgeskop met hulle coaster vervaardigings terapie saam met die bejaardes van Môreglans ouetehuis. Ons wil graag vir Matrone vd Merwe groot dankie se dat matrone ons met oop arms ontvang het.

 

Ons vertrou dat almal die klas geniet het en weer sal kom. Die kinders het sommer ook saam met ouma pret gehad.

Ons beoog om elke 1ste Dinsdag van die maand teen 09h00 ons oues te vermaak met reklame kuns pret. Indien daar nog enige bejaardes is wat wil deel neem kan julle gerus vir matrone in kennis stel.

 

‘n Groot dankie aan La Reynette Centre vir hulle groot bydrae.

 

Tienke Bosher & Helen Aucamp